ESME EUVRARD & JAN CRONJE    "SO MAAK MENS"
ESME EN JAN TYDENS DIE LAASTE OPNAME VAN "SO MAAK MENS" OP SPRINGBOKRADIO
ESME & JAN DURING THE LAST RECORDING OF "SO MAAK MENS" ON SPRINGBOK RADIO
Hierdie afdeling van www.springbokradio.com bring hulde aan die
Springbokradio program "So Maak Mens", aangebied deur Jan Cronje en
Esme Euvrard. Die program het ontstaan in 1950, maar nie in Afrikaans
nie, dit was in Engels uitgesaai en die program se naam het  "This is How",
geheed. Die eerste uitsending van "This is How" het begin om 10H30vm
op 3 Mei 1950. In die beginjaar van die program word dit slegs een keer
per week uitgesaai. Weens die populariteit van die program besluit
Springbokradio om die program van Maandag tot Donderdag om 14H15
uit te saai. In 1957 egter word daar besluit om die program te verander in
Afrikaans en so word "So Maak Mens" gebore. Sedert 1957 tot aan die
einde van Springbokradio in 1985 word die program aangebied deur Jan
Cronje en Esme Euvrard. Na die sluiting van Springbokradio verskuif die
program na die nuut gestigte Radio Suid-Afrika. In 1987 word die laaste
episode uitgesaai en so het 'n Suid-Afrikaanse legende tot 'n einde
gekom.  Bitter min episodes van "So Maak Mens" het oor die jare behoue
gebly en slegs die tema musiek van "This is How" is bewaar, maar die
vreugde wat die program vir baie luisteraars gebring het sal vir altyd
onthou word.
In this section of www.springbokradio.com, we pay homage to the
Springbok Radio programme  "So Maak Mens", which was presented by
Jan Cronje and Esme Euvrard. The programme started it's run in 1950,
but not in Afrikaans, it was originally broadcast in English under the title of
"This is How". The first broadcast of "This is How" started on 3 May 1950
at 10H30am and was heard once a week. Due to the popularity of the
programme, Springbok Radio decided to extend the programme from
Monday to Thursday at 14H15. In 1957 the programme was changed to
"So Maak Mens" and broadcast in Afrikaans. From 1957 to the end of
Springbok Radio in 1985, the programme was presented by Jan Cronje
and Esme Euvrard. After the closure of Springbok Radio, the programme
moved to the newly founded "Radio Suid-Afrika". In 1987 the final episode
was broadcast, bringing to an end a truly South African Legend. Very few
episodes of "So Maak Mens" has survived and only the theme tune of
"This is How" has been preserved, however the joy that "So Maak Mens"
has brought to many listeners over the years will always be remembered
fondly.
THE OPENING SOUNDS OF "SO MAAK MENS"
DIE OPENINGSKLANKE VAN "SO MAAK MENS"
SO MAAK MENS
CLICK ON THE SPRINGBOK RADIO LOGO TO HEAR THE FINAL SPRINGBOK
RADIO EPISODE OF "SO MAAK MENS" B/C 31/12/1985.
(c) 2009, 2010 Springbok Radio Preservation Society of South Africa & South
African Broadcasting Corporation - All Rights Reserved - May not be copied or
reproduced in full or partially on any website or publication without
permission.
KLIK OP DIE SPRINGBOK RADIO EMBLEEM OM DIE LAASTE  SPRINGBOKRADIO
EPISODE VAN "SO MAAK MENS" U/S 31/12/1985 TE HOOR.